Yade Caring Action

Die drie Yade Uitreik Aksie stigterslede, Hettie Sprong, Ans Coetzee en Anilda Blom, het verneem van bejaarde sowel as gestremde mense wat in baie haglike omstandighede in skuilings buite die stad woon.

Daar is besluit om ‘n Organisasie te stig om hulp te verleen aan skuilings en het Yade Uitreik Aksie in Mei 2008 die lig gesien met die leuse: Christen genoeg om God roekeloos te vertrou.

Na talle vrugtelose uitreik aksies na skuilings is in Augustus 2008 besluit om huise te open en die bejaardes en gestremde mense te hervestig asook ander persone wat weens die ekonomiese omstandighede met die klein pensioen toelaag nie meer finansieel kan oorleef, te huisves.

Yade het vinnig gegroei en bedryf reeds 11 tuistes op 8 persele, vernoem na Springbok Rugby spelers, te Wilgehof, Bloemfontein. Daar is 95 inwoners wat binne die volgende maande kan groei tot ongeveer 120, plus inwoners in 10 huise soos wat die behoefte groter word en huise oopgemaak word. Ook sprei Yade Uitreik Aksie sy vlerke na Kaapstad in 2011 waar Hettie Sprong die eerste Yade Tuiste gaan vestig.

Die inwoners betaal R750-00 pm van hul R1080-00 toelae. Hul ontvang skoon netjiese verblyf plus drie etes daagliks waarvan die hoofete vleis en groente bevat. Inwoners word nie net liggaamlik versorg en gevoed nie maar ook psigies en geestelik versorg. Hul is trotse Yade inwoners.

Yade Uitreik Aksie ontvang geen staatsubsidie of enige subsidie van enige aard en is afhanklik van donasies vanaf die publiek en sake sektor.

Addisionele kontak besonderhede:

Ans Coetzee – ans@yade.org.za
Hettie Sprong – hettie@yade.org.za
Anilda Griessel – anilda@yade.org.za

Operates in: Bloemfontein, Free State
Established in: 2008

Non-Profit Organisation Number: 068-445
Public Benefit Organisation Number:
Section 21 Company Number:
Trust Number:

Contact person: Ans (Bloemfontein) and Hettie (Cape Town)
Phone: 082 467 6471 (Ans) and 082 785 4404 (Hettie)
Fax: 086 575 7574
Email:

Website: www.yade.org.za/index.php

Physical address: 3 Fleur Street, Wilgehof, Bloemfontein
Postal address: P O Box 31405, Fichardtpark, Bloemfontein, 9317