Kosmos Sorg Sentrum, ‘n inter-kerklike organisasie, en is gestig in Mei 1996 deur Katinka en Bert Rautenbach om huisvesting te verskaf aan die groeiende getal behoeftige mense in ons gemeenskap,asook diegene met geestelike, liggaamlike en verstandelike beperkings, wat geen hulp van familie of vriende en / of die staat ontvang nie.
Huidiglik verskaf Kosmos en sy satelliet sentrum Dagbreek, huisvesting aan ongeveer 120 mense in totaal. Sommige van die mense sluit in families met kinders. Dit is ook ‘n plek van veiligheid vir mishandelde kinders en vrouens, HIV pasiënte, kanker pasiënte, pasiënte wat herstel na ‘n lang siekbed en in sekere gevalle terminale siekes met geen heenkome. Buiten ons eie inwoners voorsien ons ook voedsel pakkies, sowel as voedings projekte in en rondom ons omgewing, om sodoende verligting te bring aan diegene wat minder bevoorreg is in ons gemeenskap en regtig baie swaar kry.
Tans versorg ons baie meer mense as wat ons normaalweg kan behartig en kan voed. Ons weier nooit enige iemand wat in werklike nood is nie. Hierdie mense kom by ons aan alleen, gebroke en desperaat op soek na hulp. Wanneer ons hulle inneem, word hulle gevoed, geklee, warm slaapplek gebied en versorg. Ons MOET sorg dat hulle op gereelde basis van en na klinieke en hospitale geneem word vir die nodige psigiese en mediese hulp. Al hierdie dinge benodig harde kontant waarvan ons ‘n kritieke gebrek het.
Meeste van hierdie mense word aan ons gestuur deur geestes inrigtings en hospitale wat nie meer langer die fasiliteite en of plek het om aan hulle behoeftes te voorsien nie.
Voedsel skenkings is besig om baie vinnig te krimp met die reslultaat dat baie van die ons proviand nou ten duurste aangekoop moet word. Dit is ‘n ernorme dreinering van ons oorlewingsfondse en beide ons voertuie moet dringende herstel en opknapping ondergaan.
Die bestuur het tot onlangs die projek self befonds maar as gevolg van die eskalerende kostes en die feit dat ons geen staatshulp ontvang nie, moet ons, onsself wend na die publiek en die privaat sektor vir hulp. Sonder u, die privaat sektor en die publiek se hulp, sal ons verswelg in ‘n see van moedeloosheid.
In die 15 jaar wat Kosmos reeds bestaan is daar gemiddeld al 8000 mense direk of inderek deur die bedryf van Kosmos Sorg Sentrum gehelp. Dit is ongelooflik baie lewens wat deur ons gevoed, gekleed en versorg is. Alles teen ongelooflike onkostes wat ons nie kon droom om te bereik nie. Tog het ons geslaag. Niks van dit sou ooit moontlik kon wees sonder die hulp, ondersteuning en bystand van privaat mense, die privaat sektor en ons besigheid, gemeenskap nie. Mense soos U. Dit is ook ‘n bewys van ons toewyding aan diegene in ons sorg.
Sonder instellings soos Kosmos sal diegene skuiling moes soek by spoorweg en polisiestasies, parke, in leë geboue en op straathoeke moes bedel vir hul daaglikse voedsel.
Operates in: Pretoria, Gauteng
Established in: 1996
Non-Profit Organisation Number: 005-632
Public Benefit Organisation Number:
Section 21 Company Number:
Trust Number:
Contact person: Erna Janse Van Vuuren
Phone: 083 990 8533
Fax:
Email:
Website: www.kosmoscarecentre.co.za
Physical address: Plot 42, Mossie Street, Onderstepoort
Postal address: P O Box 350, Bon Accord, 0009

